Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Woensdag 2 Julie 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Tog was ek nog altyd by U, want U vat my aan die hand.

Psalm 73:23

Die mense wat hulle God ken, sal vasstaan.

Daniël 11:32

Psalm 73 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

20 Net soos 'n droom wat ophou as 'n mens wakker word, so verdwyn hulle, Here, as U ingryp.
21 Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het,
22 was ek dom en sonder insig; soos 'n redelose dier het ek my teenoor U gedra.
23 Tog was ek nog altyd by U, want U vat my aan die hand.
24 U lei my met u raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem.
25 Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie.
26 Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.

Read more...(to top)

Daniël 11 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

29 "Op die bestemde tyd sal hy die suide weer binneval, maar hierdie keer sal dit nie weer gaan soos die vorige keer nie.
30 Skepe van die westelike kuslande sal teen hom optrek en hy sal skrik en omspring. Dan sal hy sy woede kom koel op die gewyde verbondsvolk deur die raad te volg van dié wat afvallig geword het van die gewyde verbondsvolk.
31 Van die koning se troepe sal die heiligdom en die vesting ontheilig. Hulle sal die daaglikse offer afskaf en 'n ding oprig wat 'n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig.
32 Die koning sal dié wat aan die verbond ontrou is, deur vleiery verlei tot afvalligheid, maar die mense wat hulle God ken, sal vasstaan.
33 Verstandige leiers van die volk sal leiding gee aan baie mense, maar 'n tyd lank sal hulle doodgemaak, verbrand, gevange geneem en geplunder word.
34 Wanneer dit hulle tref, sal hulle 'n bietjie hulp ontvang, en baie sal vir die skyn by hulle aansluit.
35 Dan sal die vervolging party van die verstandige leiers tref sodat die volk gelouter, gesuiwer en gereinig kan word tot die eindtyd toe, want die einde is klaar bepaal.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Nevertheless, I am continually with you; you hold my right hand.

Psalm 73:23

The people who know their God shall stand firm and take action.

Daniel 11:32

Psalm 73 (English Standard Version)

20 Like a dream when one awakes,
O Lord, when you rouse yourself, you despise them as phantoms.
21 When my soul was embittered,
when I was pricked in heart,
22 I was brutish and ignorant;
I was like a beast toward you.
23 Nevertheless, I am continually with you;
you hold my right hand.
24 You guide me with your counsel,
and afterward you will receive me to glory.
25 Whom have I in heaven but you?
And there is nothing on earth that I desire besides you.
26 My flesh and my heart may fail,
but God is the strength of my heart and my portion forever.

Read more...(to top)

Daniël 11 (English Standard Version)

29 “At the time appointed he shall return and come into the south, but it shall not be this time as it was before.
30 For ships of Kittim shall come against him, and he shall be afraid and withdraw, and shall turn back and be enraged and take action against the holy covenant. He shall turn back and pay attention to those who forsake the holy covenant.
31 Forces from him shall appear and profane the temple and fortress, and shall take away the regular burnt offering. And they shall set up the abomination that makes desolate.
32 He shall seduce with flattery those who violate the covenant, but the people who know their God shall stand firm and take action.
33 And the wise among the people shall make many understand, though for some days they shall stumble by sword and flame, by captivity and plunder.
34 When they stumble, they shall receive a little help. And many shall join themselves to them with flattery,
35 and some of the wise shall stumble, so that they may be refined, purified, and made white, until the time of the end, for it still awaits the appointed time.

Read more...(to top)