Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Donderdag 3 Julie 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

Johannes 1:12

Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

2 Korintiërs 5:17

Johannes 1 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

9 Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe.
10 Hy wás in die wêreld-die wêreld het deur Hom tot stand gekom-en tog het die wêreld Hom nie erken nie.
11 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.
12 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.
13 Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.
14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
15 Johannes getuig van Hom en roep uit: "Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar."

Read more...(to top)

2 Korintiërs 5 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

14 Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het.
15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.
16 Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie. Al het ons Christus vroeër volgens menslike maatstaf beoordeel, nou beoordeel ons Hom nie meer so nie.
17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.
18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.
19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.
20 Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons 'n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

To all who did receive Jesus, who believed in his name, he gave the right to become children of God.

John 1:12

If anyone is in Christ, he is a new creation. The old has passed away; behold, the new has come.

2 Corinthians 5:17

Johannes 1 (English Standard Version)

9 The true light, which enlightens everyone, was coming into the world.
10 He was in the world, and the world was made through him, yet the world did not know him.
11 He came to his own, and his own people did not receive him.
12 But to all who did receive him, who believed in his name, he gave the right to become children of God,
13 who were born, not of blood nor of the will of the flesh nor of the will of man, but of God.
14 And the Word became flesh and dwelt among us, and we have seen his glory, glory as of the only Son from the Father, full of grace and truth.
15 (John bore witness about him, and cried out, “This was he of whom I said, ‘He who comes after me ranks before me, because he was before me.’”)

Read more...(to top)

2 Korintiërs 5 (English Standard Version)

14 For the love of Christ controls us, because we have concluded this: that one has died for all, therefore all have died;
15 and he died for all, that those who live might no longer live for themselves but for him who for their sake died and was raised.
16 From now on, therefore, we regard no one according to the flesh. Even though we once regarded Christ according to the flesh, we regard him thus no longer.
17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation. The old has passed away; behold, the new has come.
18 All this is from God, who through Christ reconciled us to himself and gave us the ministry of reconciliation;
19 that is, in Christ God was reconciling the world to himself, not counting their trespasses against them, and entrusting to us the message of reconciliation.
20 Therefore, we are ambassadors for Christ, God making his appeal through us. We implore you on behalf of Christ, be reconciled to God.

Read more...(to top)