Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

"Die Woord" van bible2.net - twee aanvullende Bybeltekste vir elke dag van die jaar

  • for your daily Bible reading: two verses complement each other
  • display God's word on your website
  • read God's word in dialects

Die Woord vir Dinsdag 16 September 2025

Elisa het sy osse net so gelos en agter Elia aangehardloop en gesê: "Laat ek tog net my pa en ma gaan groet. Dan sal ek saam met u gaan." Elia antwoord hom toe: "Gaan as jy wil. Ek hou jou mos nie terug nie."

1 Konings 19:20

Terwyl hulle op pad was, sê iemand vir Jesus: "Ek sal U volg waar U ook al gaan."

Lukas 9:57

1 Konings 19

19 Nadat hy daarvandaan af weggegaan het, kry hy vir Elisa seun van Safat besig om te ploeg met twaalf spanne van twee, terwyl hy self by die agterste span geloop het. Toe Elia by hom verbyloop, gooi Elia sy mantel op hom.
20 Hy het sy osse net so gelos en agter Elia aangehardloop en gesê: "Laat ek tog net my pa en ma gaan groet. Dan sal ek saam met u gaan." Elia antwoord hom toe: "Gaan as jy wil. Ek hou jou mos nie terug nie."
21 Toe draai Elisa om en gaan slag twee osse, en met die juk het hy die vleis gebraai en vir sy werksmense gegee om te eet. Daarna het hy saam met Elia gegaan en sy volgeling geword.

Lukas 9

56 Daarna het hulle die reis voortgesit na 'n ander dorp toe.
57 Terwyl hulle op pad was, sê iemand vir Hom: "Ek sal U volg waar U ook al gaan."
58 Toe sê Jesus vir hom: "Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens 'n rusplek vir sy kop nie."

"Die Woord" van bible2.net

  • vir elke dag van die jaar twee aanvullende Bybelverse
  • goed leesbaar op onderskeidelike reëls gerangskik
  • op die slimfoon, tablet of rekenaar, as e-boek, kalender nota en sluimerskerm
  • asook op u webwerf
  • in meer as 25 tale en Bybelvertalings
  • kosteloos
  • Die Woord is ʼn voorsmaak vir die volledige Bybel. Dis ʼn daaglikse impuls, om God persoonlik te ontmoet!

More About us...