Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Maandag 18 Augustus 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Geseënd is julle wanneer julle beledig word ter wille van die Naam van Christus. Dit is 'n bewys dat die Gees aan wie die heerlikheid behoort, die Gees van God, op julle bly.

1 Petrus 4:14

Paulus skryf:

Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.

Romeine 8:18

1 Petrus 4 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

11 As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom; as dit is om in die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid! Amen.
12 Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie.
13 Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid.
14 Geseënd is julle wanneer julle beledig word ter wille van die Naam van Christus. Dit is 'n bewys dat die Gees aan wie die heerlikheid behoort, die Gees van God, op julle bly.
15 As een van julle ly, moet dit nie wees omdat hy 'n moordenaar is of 'n dief of 'n misdadiger of 'n kwaadstoker nie.
16 Maar wanneer iemand ly omdat hy 'n Christen is, moet hy hom nie daaroor skaam nie. Inteendeel, as draer van daardie naam moet hy God verheerlik.
17 Die tyd vir die oordeel het aangebreek; dit begin by die huis van God. En as ook ons geoordeel word, en dit is nog maar die begin, wat sal die uiteinde dan wees van hulle wat nie na die evangelie van God wou luister nie?

Read more...(to top)

Romeine 8 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

15 Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: "Abba!" Dit beteken Vader.
16 Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.
17 En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.
18 Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.
19 Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is.
20 Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee:
21 die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

If you are insulted for the name of Christ, you are blessed, because the Spirit of glory and of God rests upon you.

1 Peter 4:14

Paul writes:

I consider that the sufferings of this present time are not worth comparing with the glory that is to be revealed to us.

Romans 8:18

1 Petrus 4 (English Standard Version)

11 whoever speaks, as one who speaks oracles of God; whoever serves, as one who serves by the strength that God supplies—in order that in everything God may be glorified through Jesus Christ. To him belong glory and dominion forever and ever. Amen.
12 Beloved, do not be surprised at the fiery trial when it comes upon you to test you, as though something strange were happening to you.
13 But rejoice insofar as you share Christ's sufferings, that you may also rejoice and be glad when his glory is revealed.
14 If you are insulted for the name of Christ, you are blessed, because the Spirit of glory and of God rests upon you.
15 But let none of you suffer as a murderer or a thief or an evildoer or as a meddler.
16 Yet if anyone suffers as a Christian, let him not be ashamed, but let him glorify God in that name.
17 For it is time for judgment to begin at the household of God; and if it begins with us, what will be the outcome for those who do not obey the gospel of God?

Read more...(to top)

Romeine 8 (English Standard Version)

15 For you did not receive the spirit of slavery to fall back into fear, but you have received the Spirit of adoption as sons, by whom we cry, “Abba! Father!”
16 The Spirit himself bears witness with our spirit that we are children of God,
17 and if children, then heirs—heirs of God and fellow heirs with Christ, provided we suffer with him in order that we may also be glorified with him.
18 For I consider that the sufferings of this present time are not worth comparing with the glory that is to be revealed to us.
19 For the creation waits with eager longing for the revealing of the sons of God.
20 For the creation was subjected to futility, not willingly, but because of him who subjected it, in hope
21 that the creation itself will be set free from its bondage to corruption and obtain the freedom of the glory of the children of God.

Read more...(to top)