Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Dinsdag 1 Julie 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Daar is geen heilige soos die Here nie, buiten U is daar nie een nie, daar is geen rots soos ons God nie.

1 Samuel 2:2

Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug.

Jesaja 26:4

1 Samuel 2 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 En Hanna het gebid: "Ek jubel in die Here, ek is sterk in die Here. Ek lag my vyande uit, ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het.
2 Daar is geen heilige soos die Here nie, buiten U is daar nie een nie, daar is geen rots soos ons God nie.
3 "Julle moenie in hoogmoed bly praat nie, moenie aanmatigende dinge sê nie, want die Here is 'n God van diepe kennis, dade word deur Hom getoets.
4 "Die boog van die magtiges is verbreek, dié wat gestruikel het, het nuwe krag gekry.
5 Wie versadig was, moet hulle nou vir brood verhuur, wie honger was, het oorgenoeg om te eet. Die onvrugbare bring sewe in die wêreld, die een met baie kinders kwyn weg.

Read more...(to top)

Jesaja 26 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Daar kom 'n dag wanneer hierdie lied in Juda gesing sal word: Ons het 'n sterk stad, God beskerm ons met mure, met 'n vesting.
2 Maak oop die poorte dat die nasie wat gered is, kan ingaan, die nasie wat aan God gehoorsaam is
3 en wat op Hom vertrou. Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel.
4 Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug.
5 Hy bring dié wat in hoë vestings woon, af grond toe, Hy gooi hulle hoë stadsmure om, Hy maak dit gelyk met die grond en laat lê dit in die stof.
6 Hulle sal onder die voete vertrap word, onder die voete van onderdruktes; die armes sal op hulle trap.
7 Die pad van die regverdige is reguit, U maak sy pad gelyk.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

There is none holy like the Lord; there is none besides you; there is no rock like our God.

1 Samuel 2:2

Trust in the Lord forever, for the Lord God is an everlasting rock.

Isaiah 26:4

1 Samuel 2 (English Standard Version)

1 And Hannah prayed and said,
“My heart exults in the Lord;
my strength is exalted in the Lord.
My mouth derides my enemies,
because I rejoice in your salvation.
2 “There is none holy like the Lord;
there is none besides you;
there is no rock like our God.
3 Talk no more so very proudly,
let not arrogance come from your mouth;
for the Lord is a God of knowledge,
and by him actions are weighed.
4 The bows of the mighty are broken,
but the feeble bind on strength.
5 Those who were full have hired themselves out for bread,
but those who were hungry have ceased to hunger.
The barren has borne seven,
but she who has many children is forlorn.

Read more...(to top)

Jesaja 26 (English Standard Version)

1 In that day this song will be sung in the land of Judah:
“We have a strong city;
he sets up salvation
as walls and bulwarks.
2 Open the gates,
that the righteous nation that keeps faith may enter in.
3 You keep him in perfect peace
whose mind is stayed on you,
because he trusts in you.
4 Trust in the Lord forever,
for the Lord God is an everlasting rock.
5 For he has humbled
the inhabitants of the height,
the lofty city.
He lays it low, lays it low to the ground,
casts it to the dust.
6 The foot tramples it,
the feet of the poor,
the steps of the needy.”
7 The path of the righteous is level;
you make level the way of the righteous.

Read more...(to top)