Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Donderdag 14 Augustus 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Almal wat beelde dien, wat nikswerd afgode vereer, word ontnugter, want al hulle gode moet voor die Here buig.

Psalm 97:7

Goed wat met die hand gemaak word, is nie gode nie.

Handelinge 19:26

Psalm 97 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

4 Sy weerligstrale verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe.
5 Berge smelt soos was voor die Here, voor die Here van die aarde.
6 Die hemel getuig dat Hy regverdig is en al die volke sien sy magtige verskyning.
7 Almal wat beelde dien, wat nikswerd afgode vereer, word ontnugter, want al hulle gode moet voor die Here buig.
8 Sion is bly, die stede van Juda juig wanneer hulle hoor wat U as regter gedoen het, Here.
9 U, Here, is die Allerhoogste oor die hele aarde, hoog verhewe bo alle gode.
10 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars, Hy red hulle uit die greep van die goddelose.

Read more...(to top)

Handelinge 19 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

23 Juis toe het daar 'n groot opskudding ontstaan oor die leer van die Here.
24 'n Silwersmid met die naam Demetrius het silwerbeelde van die tempel van Artemis gemaak en vir die vakmanne 'n goeie verdienste verskaf.
25 Hy roep hulle en ander mense wat soortgelyke werk doen, toe bymekaar en sê vir hulle: "Mense, julle weet dat ons voorspoed van hierdie werk afhang.
26 Julle sien en hoor self dat hierdie Paulus daarin geslaag het om nie net in Efese vir hom 'n groot aanhang te kry nie, maar ook in byna die hele provinsie Asië. Hy sê dat goed wat met die hand gemaak word, nie gode is nie.
27 Ons bedryf staan in gevaar om 'n slegte naam te kry. En nie net dit nie. Die gevaar is ook dat die tempel van die groot godin Artemis sy betekenis sal verloor en dat sy van haar grootheid berowe sal word, hierdie godin wat in die hele provinsie Asië en oor die hele wêreld vereer word."
28 By die aanhoor hiervan het hulle woedend geword en geskreeu: "Groot is Artemis van die Efesiërs!"
29 Die oproer het oor die hele stad uitgebrei. Soos een man het die mense na die amfiteater toe gestorm. Hulle het vir Gaius en Aristargos, twee Masedoniërs wat saam met Paulus gereis het, gegryp en saamgesleep.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

All worshipers of images are put to shame, who make their boast in worthless idols; worship him, all you gods!

Psalm 97:7

Gods made with hands are not gods.

Acts 19:26

Psalm 97 (English Standard Version)

4 His lightnings light up the world;
the earth sees and trembles.
5 The mountains melt like wax before the Lord,
before the Lord of all the earth.
6 The heavens proclaim his righteousness,
and all the peoples see his glory.
7 All worshipers of images are put to shame,
who make their boast in worthless idols;
worship him, all you gods!
8 Zion hears and is glad,
and the daughters of Judah rejoice,
because of your judgments, O Lord.
9 For you, O Lord, are most high over all the earth;
you are exalted far above all gods.
10 O you who love the Lord, hate evil!
He preserves the lives of his saints;
he delivers them from the hand of the wicked.

Read more...(to top)

Handelinge 19 (English Standard Version)

23 About that time there arose no little disturbance concerning the Way.
24 For a man named Demetrius, a silversmith, who made silver shrines of Artemis, brought no little business to the craftsmen.
25 These he gathered together, with the workmen in similar trades, and said, “Men, you know that from this business we have our wealth.
26 And you see and hear that not only in Ephesus but in almost all of Asia this Paul has persuaded and turned away a great many people, saying that gods made with hands are not gods.
27 And there is danger not only that this trade of ours may come into disrepute but also that the temple of the great goddess Artemis may be counted as nothing, and that she may even be deposed from her magnificence, she whom all Asia and the world worship.”
28 When they heard this they were enraged and were crying out, “Great is Artemis of the Ephesians!”
29 So the city was filled with the confusion, and they rushed together into the theater, dragging with them Gaius and Aristarchus, Macedonians who were Paul's companions in travel.

Read more...(to top)