Die Woord vir Woensdag 15 Mei 2024
Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien: Hy sal sy reddende mag in ons land openbaar. Liefde en trou sal mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede sal mekaar omhels.
Psalm 85:10-11
Jesus sê:
Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
Johannes 14:6
9 Ek wil luister na wat God die Here sê, want sy woord bring vrede vir sy volk, vir dié wat Hom getrou dien. Hulle moet net nie weer afdwaal nie. |
10 Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien: Hy sal sy reddende mag in ons land openbaar. |
11 Liefde en trou sal mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede sal mekaar omhels; |
12 trou sal uit die aarde uit opspruit, geregtigheid sal uit die hemel uit afkom. |
5 Tomas sê toe vir Hom: "Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?" |
6 Jesus het vir hom gesê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. |
7 As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom." |